Friday, 11 April 2014 00:00

RACHELS'S ANGELS VEREER PRESTEERDERS - Eikestad Nuus Featured

Written by  Jill Nicholas

Mentee van die Jaar: Nurjaan Brinkhuis en juffrou Shirene Barends

Die Media24 Rachel's Angels Trust se toekenningsaand is Saterdag in die vorm van 'n gala-dinee in Franschhoek gehou.

Die top-presteerders vir die 2012/13-siklus het 'n 100%-slaagsyfer behaal en is op die aand vereer.

Die program word georganiseer deur prof. Rachel Jafta, in samewerking met Media24 en die Universiteit Stellenbosch.

Elana Afrika-Bredenkamp, bekende televisie- en radioaanbieder, was seremoniemeester vir die aand en die vermaak is verskaf deur Cappuccino, the Band.

New Orleans Senior Sekondêr in die Paarl is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die beste skool aangewys. Top-deelnemer, Nurjaan Brinkhuis, het verlede jaar aan Hoërskool Lückhoff matrikuleer en studeer tans medies aan die US.

Original Article

Read 832 times Last modified on Friday, 12 September 2014 09:51