hdr_spreadyrwings.jpg
Mentors Click Here Schools Click Here Learners Click Here
Spacer
Come and join in the fun, yum and song at Market Day 2013

Join the event on Facebook for more details

 

 


 

 
Prof. Rachel Jafta appointed new Chair of Media24

Our own Professor Rachel Jafta was appointed as the new chair for Media24 on Wednesday 17 April '13.  She'll be filling the very big shoes of the late Professor Jakes Gerwel, and in our eyes she is just the woman for the job.

Congratulations Prof. Jafta!  We expect that you will be making a tremendous success in this new position - our hearts already bursting from our rib cages with pride.

You can also view Media24's welcome message (below) and press release.

 


 

 
Interesting Reads: Prof. Jafta in Die Burger oor die Kaapstadkarnaval
Prof. Rachel Jafta is nie net die voorsitter van die Rachel’s Angels Trust nie, maar ook voorsitter van die Kaapstad-karnaval se trusteeraad onder andere.  In ‘n artikel gepubliseer in Die Burger van 12 Maart 2013, spreek sy die kwessies van nasionale kohesie asook plaaslike ekonomiese ontwikkeling aan, en die moontlike effek wat geleenthede soos die Kaapstad-karnaval het ter bevordering van hierdie kwessies.  In 2013 vind die Kaapstad-karnaval plaas op Saterdag 16 Maart en verdere inligting is beskikbaar by www.capetowncarnival.com.

Pret oor grense heen

Die Kaapstad-karnaval wat Saterdag vir die vierde keer aangebied word, is volgens Rachel Jafta ’n belangrike manier waarop hegte gemeenskapsbande gesmee kan word.

Suid-Afrika se ontwikkelingsprobleme is nie net ekonomies van aard nie. Die gebrek aan sosiale kohesie is een van die belangrikste uitdagings wat uit baie bronne duidelik is – van die Nasionale Beplanningskommissie se diagnostiese verslag en die onlangse verslag oor sosiale kohesie van die departement van kuns en kultuur, tot mediaberigte en algemene waarneming.


Sosiale kohesie is nie iets wat die regering of die formele sektor kan bewerkstellig nie, maar eerder iets wat van grondvlak af uit die deelname van mense uit alle vlakke van die samelewing moet spruit.
Dít is die soort etos wat tot die skep van die Kaapstad-karnaval gelei het.
Dis ’n eenvoudige idee: As ons, in ons diversiteit, saam pret het, sal ons leer om oor allerhande struikelblokke heen saam te werk deur hanteerbare stappe op ’n keer te doen, suksesse te vier, en uiteindelik sosiale kohesie te bou deur “te leer deur te doen”.


Die Kaapstad-karnaval is ’n vorm van sosiale entrepreneurskap. Sosiale entrepreneurskap en die innovering en skep van sosiale kapitaal uit die bedrywighede van sosiale entrepreneurs is ’n manier waarop die gaping tussen die formele wêreld van die regering en maatskappye, en die informele wêreld van gemeenskapsorganisasies en die vrywillegersektor oorbrug kan word. Sosiale entrepreneurskap het in talle akademiese dissiplines ’n navorsingsonderwerp geword – van bemarking tot openbare administrasie tot, in ’n mindere mate, ekonomie. Ekonome se trae navorsingsaandag aan sosiale entrepreneurskap het straks te doen met ’n ou probleem – hoe om dit te meet.
Die impak van sosiale entrepreneurskap kan dikwels nie verder as die eerste ronde van regstreekse impak gemeet word nie. As die einddoel boonop iets so belangrik maar ontwykend – soos sosiale kohesie – is, kan definisieprobleme sake verder ingewikkeld maak.


Die Kaapstad-karnaval is begin toe die stigters ná ’n besoek aan Rio de Janeiro se karnaval besef het dat hoewel Kaapstad en Suid-Afrika ’n hele reeks kultuurgebeurtenisse het, daar nie een is wat werklik reg oor die spektrum van ons diversiteit in al sy fasette strek nie. ’n Lewensvatbaarheidstudie is gedoen, en die karnaval is uitgedink as ’n inklusiewe platform wat die verskillende talente van die mense van Kaapstad en omgewing kan ten toon stel, en waar uiteenlopende gemeenskappe saam kan werk en speel. Die eerste Karnavalparade is in Maart 2010 gehou. Hoewel die idee van ’n karnaval vir sommige beuselagtig kan klink, is die stigters oortuig dit is in die aanloop tot dié gebeurtenis dat die belangrike sosiale veranderings plaasvind en die ekonomiese en maatskaplike voordele te voorskyn kom.
Die Kaapstad-karnaval-trust definieer sosiale kohesie as die primêre doelwit en voordeel van die karnaval, en mik om sowel finansiële as maatskaplike kapitaal (waarde) te bou. Dit is baie anders as die meeste ander soortgelyke grootskaalse gebeurtenisse waar sosiale impak ten beste as ’n sekondêre doelwit gelys word.


Groot groepe vrywilligers het aan die eerste drie Karnaval-straatparades deelgeneem, ook die Minstrel- en Klopse-verenigings, orkeste, koorverenigings, trompoppies, buikdansers en marimbaspelers. Uit wat mense vertel, lyk dit asof daar meer sosiale harmonie tussen die onderskeie groepe deelnemers is as voordat die karnaval begin is. Of dít danksy die karnaval is en of dit uit die staanspoor hoër vlakke van verdraagsaamheid verg om betrokke te wees, kan nie sonder ’n deeglike ondersoek vasgestel word nie.
Die eerste tentatiewe stappe in die rigting van bewyse hiervoor is te vinde in ’n onlangse navorsingsverslag van Equity Solutions: “In ’n stad wat onder ruimtelike en maatskaplike verwydering ly, bied die karnaval selfs net ’n kort tydperk die geleentheid om ’n gevoel van gemeenskaplikheid te ontwikkel.”
Dié verslag wys terselfdertyd hoe moeilik dit is om ’n konsep soos sosiale kohesie te meet en die langtermyn-uitwerking daarvan te voorspel. “Rasseverhoudinge kan nie so maklik deur bloot die aanbied van multikulturele byeenkomste soos die Kaapstad-karnaval herstel word nie. Byeenkomste soos hierdie is nodig, maar onvoldoende vir langtermynintegrasiepogings,” lui die verslag.Meer diepgaande navorsing oor die impak van die karnaval is nodig voordat gevolgtrekkings gemaak kan word.


Die Equity Solutions-studie het die Kaapstad-karnaval-handelsmerk ook as ’n kulturele en sosiale samebindingservaring ondersoek. Deur die karnaval se teenwoordigheid in die stad en die gepaardgaande vertonings met die sienings van ’n verteenwoordigende steekproef van Kaapstadse inwoners te vergelyk, is in die studie die volgende bevind: ) Kultuur, geskiedenis en geheue kan suksesvol gebruik word om kohesie te bou, werk en opleidingsgeleenthede te skep, en ’n belangstelling in die kunste te kweek. ) Die organisasie dra by tot die stad se kulturele profiel en sigbaarheid, en die karnaval kan ’n stewige bydraer tot plaaslike toerisme en die plaaslike ekonomie word. ) Die karnaval koester ekonomiese ontwikkeling. ) En straks die belangrikste: die karnaval se viering van die geskiedenis deur kulturele vertonings vind aanklank by mense, wat ’n gevoel van samehorigheid skep, Vir die organiseerders van die karnaval dra dit by tot die bou van ’n sterk handelsmerk, en vir plaaslike inwoners dra dit tot hul welstand by.


Die verslag gee ook toe méér gefokusde inligting en gedetailleerde ontleding is nodig om meer betroubare uitsprake oor die karnaval se impak op sosiale kohesie en innovering te kan maak. Die karnaval het potensiaal vir werkskepping en om sosiale insluiting te fasiliteer, mits daar volgehoue finansiering en steun is.
Meetbare doelwitte en deeglik gedefinieerde konsepte is belangrike voorvereistes vir meting. Presies wat die verlangde sosiale kohesie is, hoe dit bereik kan word en watter prosesse daarmee sal help, moet ondersoek word.


Die onafhanklike navorsingsgroep wat die karnaval ondersoek het, sê min wetenskaplike werk is al gedoen om te wys wat die karnaval se oorhoofse bydrae tot werkskepping, beter sosiale kohesie en plaaslike ekonomiese bedrywigheid is, en hoe dit bydra tot ’n beter beeld van Kaapstad en Suid-Afrika.
Dit is nie verrassend nie, want die karnaval is nog in sy kinderskoene. Dit is ook debatteerbaar of dit die rol van die karnaval se organiseringskomitee is, as sosiale entrepreneurskap-praktisyns, om die akademiese aspekte waarna hier bo verwys word, te ondersoek. Miskien is daar ’n rol vir sosiaal bewuste navorsers om geleenthede vir grootskaalse maatskaplike navorsing oor byeenkomste soos hierdie te identifiseer.

Sosiale-entrepreneurskap-ondernemings het opwindende potensiaal, en hulle sal waarskynlik al hoe belangriker word. Maar baie werk moet gedoen word om programme te ontwerp met duidelik meetbare doelwitte, sodat genoeg inligting versamel kan word om die resultate te kan meet en na waarde te skat.  Rachel Jafta is ’n professor in die departement van ekonomie in die Universiteit Stellenbosch se fakulteit van ekonomiese en bestuurswetenskappe. Sy is ook voorsitter van die Kaapstad-karnaval se trusteeraad. 

 

Laai die artikel in PDF formaat af of lees dit op Die Burger se blad.      

 


 

 
Interresting Reads: Dr. le Cordeur in Rapport

Dr. le Cordeur, een van ons Rachel's Angels trustees, het repliek gelewer op Pieter Malan se artikel Skole kort meer as geld in die Rapport van 2 Maart '13.

Om die oorspronklike artikel deur Pieter Malan  te lees waarop die onderstaande repliek gelewer word, kliek gerus HIER.

Repliek: Sleutel tot goeie skole lê by goeie onderwysers

2013/03/09 11:38:16 PM

In verlede week se Rapport Weekliks sit Pieter Malan die probleme in die Suid-Afrikaanse onderwys goed uiteen.

Laat my egter toe om verder op dié tema voort te borduur.

Ek glo die departement van basiese onderwys plaas te veel klem op die jaarlikse assesseringstoetse – die eenvormige toetse wat deur alle kinders in ’n sekere graad afgelê word.

Navorsers wêreldwyd glo dat die voortdurende meting van leerlinge se prestasie juis die teendeel bereik omdat dit onderwysers se fokus verskraal tot net die inhoud waaroor leerlinge getoets sal word.

Navorsing wys ook dat baie skoolhoofde hul rooster verander en onderwysers dwing om kinders vir die toetse voor te berei. Dit gebeur omdat skole onder druk is van die departement om hul slaagsyfer in dié toetse te verhoog. Die verbetering van uitslae in dié toetse is boonop waarskynlik kunsmatig omdat onderwysers baie gou geleer het hoe om leerlinge af te rig.

Dus: Terwyl toetsuitslae verbeter het, het opvoedkundige standaarde gedaal.

So wat staan ons te doen?

Die Finse onderwysstelsel, soos die huidige Suid-Afrikaanse stelsel, was eens baie burokraties en, soos ons, het hulle baie laag op die internasionale onderwysrangleer gelê. Vandag is hulle die top-onderwysland in die wêreld. Hoe is dit gedoen?

Die Finse onderwysstelsel steun op die volgende kernbeginsels: Hulpbronne vir diegene wat dit die meeste nodig het; hoë standaarde vir spesiale onderwysbehoeftes; gekwalifiseerde onderwysers (die meeste onderwysers het meestersgrade en hulle is bereid om skool te hou vir ’n diverse groep kinders); en ’n gesonde balans tussen sentralisering (top down-bestuur) en desentralisering (bottom up).

Die fokus is op wetenskap, tegnologie, innovasie en kreatiewe denke (anders as by ons waar kinders soos papegaaie leer en vir eksamens afgerig word).

Finland het wegbeweeg van ’n gesentraliseerde stelsel van eksterne eksamens na ’n plaaslike stelsel waar hoogs­ opgeleide onderwysers hul eie kurrikulum ontwerp rondom die basiese nasionale standaarde.

In Finland skryf leerlinge slegs een eksterne eksamen voordat hulle universiteit toe gaan: die matriekeksamen. Vergelyk dit met die huidige Suid-Afrikaanse benadering wat glo dat hoe meer jy die skapie weeg, hoe gouer gaan hy gewig optel.

Jy sal nie in ’n Finse klaskamer ’n onderwyser kry wat 50 minute lank klasgee nie. Leer­linge bepaal self hul weeklikse doelwitte in samewerking met hul vakonderwysers. Hulle kies self die take, wat hulle teen hul eie pas voltooi.

Sentraal tot hul filosofie is dat onderwysers die spil is waarom goeie opvoeding draai. Daarom is onderwysopleiding so ontwerp dat onderwysers geleer word om op hul voete te dink en self te kurrikuleer as dit nodig is, sonder om eers toestemming by ’n amptenaar te kry.

Die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleem lê nie by meer toetse nie. Maar as ons saamstem dat onderwysers die sleutel tot beter onderwys is, moet ons ook hul vermoëns en doeltreffendheid verhoog.

Ons moet meer onderwysers oplei en in diens neem.

Ons moet kleiner klasse hê.

Ons moet onderwysers die geleentheid gee om hul vaardighede te verbeter deur verdere studie, studieverlof en beurse.

Jong onderwysers moet vir ’n proeftydperk van minstens ’n jaar onder die wakende oog van ’n mentor werk. Die reuse-burokrasie moet drasties verklein word. Daar is te veel goeie onderwysers wat in distrikskantore rondsit terwyl hul vaardighede in die skole benodig word.

Om telkens meer geld aan onderwys te bestee sonder verantwoordbaarheid en ware transformasie is soos om in ’n mandjie te melk: Die geld verdwyn in ’n bodemlose put.

Dr. Michael le Cordeur is verbonde aan die fakulteit opvoedkunde van die Universiteit van Stellenbosch.

 


 
Entrepreneurship Workshops

On Saturday, 26 January we had our first Entrepreneurship Workshop in preparation for our 2013 Annual Market Day, and our second Entrepreneurship Workshop on Saturday 2 February.

The mentees were thoroughly tutored  by Dr Jonathan Marks in how to become super entrepreneurs during the action packed and eye opening workshops at Lückhoff Secondary School in Idas Valley on the outskirts of Stellenbosch.

The next workshop will see the mentors joining in on all the action at Stellenzicht Secondary School in Jamestown, Stellenbosch on 9 March '13.  Be sure to follow the developments at @RachelsAngels on Twitter by using the Rachel's Angels Entrepreneurship Workshop hashtag, #RAEW

 Have a look at some of the teaser pictures below or click through to Workshop #1 or Workshop #2 to browse the full albums on our Facebook Page

Entrepreneurship Workshop #1

         

        

 

Entrepreneurship Workshop #2

                                   

 
<< Start < Prev 1 2 3 4 Next > End >>

Page 1 of 4